Skip to main content Accessibility help
×
Hostname: page-component-848d4c4894-pftt2 Total loading time: 0 Render date: 2024-06-03T19:00:06.948Z Has data issue: false hasContentIssue false

Hoofstuk 13 - Chaka en Isanusi by Senzangakhona se graf

Published online by Cambridge University Press:  11 November 2021

Get access

Summary

Op die middag kom daar gesante by Dingiswayo aan en deel hom die doel van hul sending mee, en hoe die volk Mfokazana in sy vader se posisie aangestel het. Toe raas Dingiswayo omdat Mfokazana hom altyd agterna oor sake inlig, terwyl dit sý reg is om betyds daarvan te hoor, en hy sê: “Gaan en sê vir Mfokazana, ek het gehoor, maar hy het ’n fout begaan, en diegene wat hom in die koningskap aangestel het, het ’n fout begaan, want hy is nie die een wat sy vader gekies het om hom op te volg nie; die seun van Senzangakhona van wie se geboorte hy my vader laat weet het, leef nog, en hy het gesê, tuis is daar ’n seun vir hom gebore, en hy sal hom in sy amp opvolg. Ek was self daardie dag daar; en die gesante wat gestuur was, is steeds hier, ek ken hulle; Senzangakhona het nooit Mfokazana se naam genoem nie.”

Die gesante vertrek toe teleurgesteld, selfs bang, om die een wat hulle gestuur het, te gaan ontmoet. Toe Mfokazana die nuus hoor, stuur hy hulle weer terug, en stuur ook die gesante wat gestuur is om Jobe oor die geboorte van Chaka in te lig. Hy stuur hulle met die boodskap dat sy pa agterna gesien het dat Chaka ’n slegte kind was wat hom nie gehoorsaam het nie, en ook sy ma wat ’n towenares is; dit is inderdaad om daardie rede dat hy hom saam met sy ma weggejaag het.

Dingiswayo antwoord toe en sê: “Gaan en sê vir Mfokazana, ek hoor vandag vir die eerste keer dat Senzangakhona van mening verander en gesê het dat Mfokazana sy opvolger is; wie het hy daaroor ingelig? En dan hoor ek ook vir die eerste keer dat Nandi ’n towenares is; wie het sy getoor? Sê ook vir Mfokazana, selfs ook daardie dag toe Chaka die leeu doodgemaak en Senzangakhona dit aan my gestuur het, het hy weer sy boodskap van vroeër bevestig dat Chaka die erfgenaam is.” Toe Mfokazana dit hoor, roep hy die volk bymekaar en deel hulle mee dat die koningskap van hom afgeneem is deur Dingiswayo en aan Chaka gegee is, en hy sê: “Vandag sal ons sien wie my vader se ware volgelinge was, noudat sy weeskind sy regte ontneem is.”

Type
Chapter
Information
Chaka
Die nuwe Afrikaanse vertaling
, pp. 103 - 111
Publisher: University of South Africa
Print publication year: 2017

Access options

Get access to the full version of this content by using one of the access options below. (Log in options will check for institutional or personal access. Content may require purchase if you do not have access.)

Save book to Kindle

To save this book to your Kindle, first ensure coreplatform@cambridge.org is added to your Approved Personal Document E-mail List under your Personal Document Settings on the Manage Your Content and Devices page of your Amazon account. Then enter the ‘name’ part of your Kindle email address below. Find out more about saving to your Kindle.

Note you can select to save to either the @free.kindle.com or @kindle.com variations. ‘@free.kindle.com’ emails are free but can only be saved to your device when it is connected to wi-fi. ‘@kindle.com’ emails can be delivered even when you are not connected to wi-fi, but note that service fees apply.

Find out more about the Kindle Personal Document Service.

Available formats
×

Save book to Dropbox

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Dropbox.

Available formats
×

Save book to Google Drive

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Google Drive.

Available formats
×